English
In Hosea 4:6 sê die Here vir die leiers van die volk: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp Ek jou as My priester . Omdat jy die wil van jou God verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien.
Die VCSV neem hierdie waarskuwing van die Here aan die leiers van die volk ernstig op en het nog altyd moeite gedoen om leiers toe te rus. Die VCSV-leiers vorm nie alleen die ruggraat van die VCSV in skole en tersiêre inrigtings nie, maar is ook die leiers van die toekoms in ons land. Ons ontwikkel hul leierskapvaardighede om hulle vir hierdie lewenslange taak van leierskap binne die Liggaam van Jesus voor te berei.
Ons personeel het uitgebreide ondervinding om:
- die leiers van Christengroepe in skole en tersiêre inrigtings toe te rus
- die Verteenwoordigende Rade van Leerders (VRL’s) in skole toe te rus
- buitelug-leierskapseminare vir Christenleiers in die VCSV en ander Christelike instansies aan te bied.
Kontak jou provinsiale organiseerder vir meer inligting ten opsigte van leierskapontwikkeling.
VCSV Leierskapontwikkeling
’n Projek om jong leiers te ontwikkel om as agente vir verandering in hulle portuurgroepe op te tree.
Die VCSV het ’n lang geskiedenis van die ontwikkeling van jong leiers om binne hulle portuur as agente vir verandering op te tree. Ons werk met die veronderstelling dat jongmense in die beste posisie is om gesonde waardes en hulle geloofsoortuigings met ander jongmense te deel. Die nuwe wêreld waar jongmense sosialiseer saam met die jongste informasie tegnologie soos MXit, My Space, Facebook en Blogs is eenvoudig moeilik tot byna onmoontlik vir volwassenes om te betree. Volwassenes kan egter jong leiers toerus om die lig vir die wêreld en die sout van die aarde binne hulle portuurgroepe te gaan wees. Dit is ons roeping. En die VCSV het nog baie geleenthede, infrastruktuur, kundige personeel en hulpbronne om dit te doen.
Help ons deur as vennote by hierdie belangrike projek betrokke te raak.
1. Behoeftebepaling
Daar is ’n behoefte
- om jongmense (leerders wat kleingroep/kringleiers in skole is en vrywilligers wat as leiers by VCSV-aktiwiteite, uitreike, skoolbesoeke en vakansiedienste optree) toe te rus om geestelik leiding te neem en - om jeugleiers in die algemeen vanuit ’n Bybelse waardestelsel met leierskapsvaardighede toe te rus om op verskillende terreine van die lewe binne hulle portuurgroep ’n positiewe verskil te maak.
Ons sal graag die projek wil ontwikkel om hierdie behoeftes meer doeltreffend aan te spreek.
- Om die eerste behoefte te aan te spreek, sal die klem hoofsaaklik op die geestelike toerusting van jong leiers val.
- Om die tweede behoefte aan te spreek, sal die klem meer holisties op die volle ontwikkeling van jong leiers val.
2. Projekfokus
Die projek sal dus op twee fasette van leierskapsontwikkeling fokus.
2.1 Geestelike toerusting
- Die opstel en verdere verfyning van leiersmateriaal vir die opleiding van leerders wat as kleingroepleiers in die Reach4Life-projek optree. (Hierdie projek is in 2006 landswyd geloods en die doelwit is om binne twee jaar 50 000 leerders in kleingroepe in te skakel. Elkeen van hulle verbind hulle aan die R4L-proses: Hulle woon weekliks groepbyeenkomste in die skool aan die hand van ’n R4L-studiegids en die R4L-Bybel by en verbind hulle om volgens die riglyne uit die Woord te leef. Die Bybels is reeds geborg en die eerste drie van ’n reeks Bybelstudiegidse wat die proses ondersteun, is reeds opgestel en versprei. Ons is reeds oor die halfpadmerk met die projek en moet nou verder bou op wat bereik is.)
- Die doelgerigte opleiding en toerusting van die kleingroepleiers vir die R4L-projek deur middel van leierseminare op verskillende plekke in die land.
- Die doelgerigte opleiding van vakansiediensleiers en kleingroepleiers wat by kampe help.
- Die opleiding van jong leiers om leiding in hulle eie gemeenskappe te gaan neem deur die VCSV se Leadership Experience program (LXP).
2.2 Leierskapsvaardighede
- Die opstel en/of verdere verfyning en bywerk van ’n behoorlike leierskapskursus vir leerders. (Ons gebruik die beste van verskillende kursusse wat reeds deur verskillende organisasies in die HISnet-netwerk ontwikkel is en verryk dit met multimedia-aanbiedings, ens).
- Die toerusting en opleiding van die Verteenwoordigende Rade van Leerders van skole (aan die hand van die kursus).
- Die aanbied van ’n leierskapsontwikkelingskursus as sertifikaat-taak vir gr 10–12 leerders by ons buitelugsentra. (Dit word nou van skole gevra dat leerders as deel van die leerarea Lewensoriëntering sertifikaat-take wat deur buite-instansies aangebied word, in hulle laaste drie skooljare moet doen. Een van die take is ’n kursus in leierskapsontwikkeling. Ons sien dit as ’n groot geleentheid om ’n belangrike opvoedkundige bydrae aan skole te lewer. Dit sal onder die vaandel van ons Extreme Life Opvoedkundige trust gedoen word.)
2.3 Karakterontwikkeling
Met die opleiding sal die klem nie alleen op die oordrag van kennis en die inoefening van vaardighede val nie, maar veral op die inskerping van waardes en die vorming van die karakters van die jong deelnemers. Hulle sal toegerus word om rolmodelle met gesonde waardes en van karakter tussen hulle portuur te gaan wees.
3. Opleiding vir opleiers
Om die projek in die praktyk te laat werk, wil ons graag ’n reeks opleidingsgeleenthede vir opleiers (personeel, MXP- en Gemeenskapsjaarspanlede, onderwysers, jeugleiers en ander vrywilligers) reël. By so ’n kursus word hulle toegerus om die verskillende leierskappakkette vir leerders te gaan aanbied. Hulle ontvang dan ook elkeen ’n volledige stel van die kursusmateriaal wat boeke, CD’s en ander hulpmiddele insluit. Hulle moet hulle verbind om die kursus in hulle eie provinsie vir leerders te gaan aanbied en terugvoering te gee.
4. Terugvoering
Soos wat die projek vorder, sal ons graag aan donateurs terugvoering wil gee.
5. Aanwending van fondse
Ons sal graag wil sien dat die fondse wat geskenk word, aangewend word om die verskillende fasette van die projek te help befonds. Ons sal wel uit sommige van die opleidingsgeleenthede inkomste kan kry om uitgawes te help dek, maar dit sal heeltemal onvoldoende wees, veral as ons kinders uit arm gemeenskappe wil betrek.
Tyd het al geleer dat die mees effektiewe manier om met leierskap by jongmense te ontwikkel is om hulle vir ’n tyd (naweek of langer) weg te neem uit hulle normale leefwêreld vir doelgerigte leierskapsopleiding en om dan op te volg met die plasing van vrywilligers wat die jong leiers vir ’n tydperk na opleiding kan mentor.
Op een jong leier aan so ’n program by een van die VCSV se 12 kampterreine te laat deelneem kos R300.
Leerders kan of ten volle of gedeeltelik geborg word.
In Hosea 4:6 the Lord tells the leaders of the people: “My people are ruined because they don’t know what’s right or true. Because you’ve turned your back on knowledge, I’ve turned my back on your priests. Because you refuse to recognize the revelation of God, I’m no longer recognizing your children” (The Message).
UCSA takes this warning seriously and spends much effort on training young leaders. UCSA leaders are not only the backbone of every branch, but also the leaders of the future. We develop their leadership skills, training them for a lifelong task of leadership within the body of Christ.
Our staff has experience in
- training leaders of Christian groups at schools and tertiary institutions
- training Representative Councils of Learners (RCL’s) in schools
- presenting leadership seminars for UCSA leaders and other Christian organisations at outdoor centres.
Contact your provincial organiser for more information regarding leadership development.
UCSA Leadership development
A project to empower leaders to be agents of change in their peer groups.
UCSA has long been involved in training young leaders to be agents of change among their peers. Our starting point is that young people are in the best position to share good values and religious beliefs with other young people. Young people’s way of socialising as well as their use of latest IT (Mxit, My Space, Facebook, blogs) is difficult if not impossible for adults to penetrate. Adults can, however, train young leaders to be the salt of the earth and the light of the world to their peers. This is our calling, and we have the opportunities, infrastructure, trained staff and resources to do it.
Help us by becoming partners in this important project.
1. Needs assessment
A need exists
- to equip young people (learners acting as group leaders and volunteers acting as leaders in UCSA activities, outreaches, school visits and holiday outreaches) to be spiritual leaders and
- to equip youth leaders generally with leadership skills based on Biblical values so that they can make a difference on various terrains and in their peer groups.
We would like to develop this project to address these needs effectively.
- To address the first need, we shall focus on the spiritual equipment of young leaders.
- To address the second need we shall focus on leadership development in general.
2. Focus of the project
The project will focus on two aspects of leadership development.
2.1 Spiritual equipment
- Writing and revising material for training learners who are group leaders in the Reach4Life project. (This project was launched in 2006 and its aim is to involve 50 000 learners in small groups within two years. Each of those learners commit to the R4L process: They attend weekly group meetings at their school where, by using a R4L study guide and the R4L Bible, they learn how to live according to Biblical principles. The Bibles have been sponsored and the first three of a series of Bible study guides have been written and distributed. We have reached the halfway mark and must now build on past successes.)
- Training and equipping group leaders for the R4L project by means of leadership seminars at various centres throughout the country.
- Training holiday outreach leaders and group leaders for camps.
- Training young leaders in our Leadership Experience Programme (LXP) to take up leadership positions within their communities.
2.2 Leadership skills
- Writing and/or revising a leadership training course for learners. (At present we are using a combination of training courses compiled by various organisations in the HISnet network, enriching it with multimedia presentations, etc.)
- Training and equipping members of the Representative Councils of Learners of schools (using the training course mentioned above as basis).
- Presenting a leadership development training course as a certificate task for grade 10-12 learners at our outdoor centres. (Learners do certificate tasks presented by organisations or individuals as part of the subject Life Orientation. One of these tasks is leadership development. We regard this as an opportunity to make a contribution in schools. This work is done by the Extreme Life Trust.)
2.3 Character development
When we do our training the focus is not solely on presenting knowledge and practicing skills, but first and foremost on teaching values and building character in young participants. They will become equipped to be worthy role models with strong values and character to their peers.
3. Training the trainers
To make this project work in practice, we want to organise a series of training courses for the trainers (staff, MXP and Community Year teams, teachers, youth leaders and other volunteers). These courses will equip them to present various leadership courses to learners. They receive the training material for the courses which they are trained to present (manuals, work books, CD’s and other resources). They also have to commit to present the course to learners in their province or area and to give feedback about those courses.
4. Feedback
We shall give feedback to our donors on the progress of the project.
5. Donations
We want to make sure that all donations are used to fund the various aspects of the project. Although we shall probably be able to raise funds from some of the training courses themselves to cover some expenses, our focus is on young people from poor communities who cannot pay in full for these courses. It is these learners who desperately need training and help to break the spiral of poverty, crime and despair.
To train one young leader at a 3 day camp at one of UCSA’s own camp sites costs R300 (US$ 42).
Leaders can be sponsored partially or in full. |