 |
| |
| In ’n neutedop | In a nutshell |
|
English
- Die Christen-Studentevereniging is op 28 Julie 1896 op Stellenbosch gestig onder voorsitterskap van dr Andrew Murray, as deel van ’n wêreldwye studentebeweging. Die VCSV het uit hierdie vereniging ontwikkel.
- Die VCSV beywer hom om elke nuwe generasie kinders en jongmense na ’n nuwe lewenstyl in Christus te begelei.
- Om dit te doen skep die VCSV lewensveranderende ervarings vir jongmense deur ’n verskeidenheid programme en projekte.
- Dit is ’n nie-rassige, interdenominele Christelike jeugorganisasie en sy lidmaatskap is oop vir alle leerders en studente in Suid-Afrika.
- Die VCSV wil graag ’n bydrae lewer tot versoening en transformasie in Suid-Afrika.
- Die VCSV het takke in 900 skole en tersiêre inrigtings. Hierdie takke word bestuur deur leerder- en studenteleiers, onder die begeleiding van Christen-onderwysers of jeugwerkers van kerke of ander organisasies met wie die VCSV ooreenkomste het, en bied aan lede die ruimte om geestelik te groei, die Bybel te leer ken, Bybelse waardes te leer en om getuies van hul geloof in Jesus Christus te wees.
- Die organisasie bereik jaarliks ongeveer 500 000 kinders en jongmense deur middel van ’n nasionale kamp, vakansie-, naweek- en avontuurkampe, sy werk in skole, jeugfeeste, leierskapsopleiding, intervensie- en deernisprojekte, uitreike en ander projekte.
- Ongeveer 60 jong vrywilligers word jaarliks opgelei en dan in die verskillende bedienings van die Mission Expeditions-projek (Diensjaar vir Christus) aangewend. Dit gee aan jongmense die geleentheid om:
- ’n Bybelskool by te woon;
- vaardighede in verskillende rigtings te ontwikkel en om kwalifikasies te verwerf;
- hulle vaardighede prakties aan te wend deur skoolbesoeke, MIV/Vigs-programme en uitreike na gemeenskappe;
- aktiewe leerprogramme by verskillende buitelug- en avontuursentrums aan te bied.
- VCSV-Gemeenskapspanne werk in behoeftige gemeenskappe.
- Gedurende die Desembervakansie neem ongeveer 35 spanne deel aan die jaarlikse Vakansiedienste by vakansieoorde en in behoeftige gemeenskappe.
- Die VCSV dien onderwys in Suid-Afrika deur die Extreme Life Opvoedkundige Trust wat die volgende beskikbaar stel:
- leersteunmateriaal vir die leerarea Lewensoriëntering;
- opleidingsmateriaal en ’n kursus in leerfasilitering;
- buitelugkampe in Lewensoriëntering;
- programme vir leierskapontwikkeling.
- Die VCSV is betrokke by die African Leadership Institude for Community Transformation (ALICT) waardeur leiers uit verskillende lande oor ’n periode van drie maande toegerus word met kennis en vaardighede in ’n verskeidenheid van relevante kennisvelde.
- Die Afdeling vir Spesiale Bedieninge skep geleenthede vir plaaslike en buitelandse vrywilligers om by verskillende bestaande gemeenskapsprojekte betrokke te raak.
- Die VCSV het twaalf toegeruste kampterreine wat altesaam 2058 mense op een slag kan akkommodeer.
- Die VCSV beskik oor vier toegeruste buitelug- en avontuursentrums waar ervaringsleer-aktiwiteite deur fasiliteerders aangebied word.
- Die VCSV se bedryfsbegroting is R9 miljoen per jaar; die organisasie beskik oor behoorlike stelsels vir begrotingsbeheer en boekhouding, en die eksterne ouditeure Loubser Du Plessis Geöktrooieerde Rekenmeesters ouditeer jaarliks die boeke.
- Die VCSV het ’n fondsinsamelingstrategie wat direkte posbemarking, ’n nuusbrief, die werf van debietorders en bemakings en spesiale projekte insluit.
- Daar is 60 voltydse en 23 deeltydse personeel; die Uitvoerende Hoof is dr Vic Brink en die Adjunk-Uitvoerende Hoof mnr David Nefdt.
- Die VCSV-personeel doen verantwoording aan ’n Nasionale Bestuur, waarvan die medevoorsitters ds Pieter Grove en ds Teyo Smit is.
- The Students’ Christian Association was founded in Stellenbosch on 28 July 1896 under chairmanship of Dr. Andrew Murray, as part of a world wide student movement. UCSA evolved from this organisation.
- UCSA seeks to guide every new generation of children and young people to a new lifestyle in Christ.
- To do so UCSA creates life-transforming experiences for young people through a variety of programmes and projects.
- It is a non-racial, inter-denominational Christian youth organisation and its membership is open to learners and students in South Africa.
- It wishes to play a role in reconciliation and transformation in South Africa.
- It has Christian groups in 900 schools and tertiary institutions. These groups are student-led but supervised by Christian teachers or youth workers from other organisations or churches with whom UCSA collaborates. UCSA helps its members to grow spiritually, to reflect on Biblical teachings, to learn Biblical values and to be a witness of their faith in Jesus Christ.
- It reaches about 500 000 children and young people annually by means of a national camp, holiday and weekend camps, its ministry in schools, youth events, leadership and life skills training, anti-gangsterism programmes, HIV/Aids awareness programmes, compassion projects, outreaches and other projects.
- 60 young volunteers are trained annually and are then involved in various ministries in the Mission Expeditions programme (Service Year for Christ). It offers them the opportunity to:
- receive training in a Bible school;
- develop skills in various areas and to obtain qualifications;
- practice these skills when the teams visit schools, present HIV/Aids programmes and participate in outreaches;
- present experiential learning programmes at outdoor centres in various parts of the country.
- UCSA Community Year Teams work in needy areas.
- During the summer holidays 35 teams of tertiary students take part in outreaches at holiday resorts and in needy communities.
- UCSA serves education in South Africa through the Extreme Life Educational Trust with:
- learning support material for the learning area Life Orientation;
- training material and a course in facilitating learning in Life Orientation;
- outdoor camps in Life Orientation;
- leadership development programmes.
- UCSA is involved in the African Leadership Institute for Community Transformation (ALICT). In this programme leaders from various countries receive training in skills in a variety of relevant fields of knowledge.
- The UCSA department for Special Ministries creates opportunities for local and foreign volunteers to work in various community projects.
- UCSA has twelve developed and well-run youth camp centres with accommodation for 2058 children or young people.
- UCSA presents experiential learning activities by trained facilitators at four outdoor adventure centres.
- Its working budget is R9 million per annum; it has proper systems of budget control and bookkeeping and is externally audited by Loubser Du Plessis Chartered Accountants.
- It has a fundraising strategy which includes direct mail fundraising, a newsletter, debit order and bequest recruitment and special projects.
- It has 60 full-time and 23 part-time staff members; its executive head is Dr. Vic Brink and its vice executive head Mr. David Nefdt.
- It is responsible to a National Council that is jointly chaired by the Rev. Pieter Grove and the Rev. Teyo Smit.
|
|
| |
|
|
| |
|
| |
|
|
|
|