 |
| |
English
Reach4Life is ’n spanpoging van die International Bible Society en jeugorganisasies soos die VCSV om tieners in Suid-Afrika aan te spoor om:
- die verspreiding van MIV/vigs drasties te laat afneem
- positiewe, lewensverrykende seksuele waardes, keuses en gedrag te vier deur te onderneem om seks vir die huwelik te bêre
- ’n lewende verhouding met Jesus te handhaaf wat hul lewens verander
- die Bybel te lees en in dissipelskap die opdragte van die Bybel uit te leef
- vriendskap te beleef in Reach4Life-groepe en in hul kerk
Jy kan deel word van die proses deur jou groep tieners te mobiliseer om hulle te verbind tot die Reach4Life-proses. Elkeen wat dit doen, kry ’n gratis Reach4Life-Bybel, en word dan verder ondersteun om by hulle onderneming en verbintenis te bly.
Die nuwe Reach4Life-Bybel is ’n opwindende WOW! Bybel wat jou kan help om ’n groot JA te sê vir die Lewe en ’n besliste NEE vir alles wat jou lewe kan doodmaak, al haal jy nog asem!
Die Reach4Life-Bybel is oorspronklik ’n Engelse vertaling van die Nuwe Testament met ’n hele klomp byvoegings. Die goeie nuus is dat die Bybel nou ook in Afrikaans vertaal is en DV teen die middel van 2008 onder die naam Gryp Die Lewe verskyn. Dit bevat byvoorbeeld 40 kort Bybelstudies wat jou in jou verhouding met Jesus opbou. Die studies volg die vier belangrikste roetes in ’n mens se geloofslewe, nl:
- Jy en Jesus
- Meer soos Jesus
- Leef die Lewe!
- Wees die verskil
Die Reach4Life-Bybels word gratis deur die VCSV versprei. Kontak Charlie Holtzkamp vir meer inligting by 082 825 5025 of minus10.GodKan@gmail.com.
Kyk ook na die publikasies wat die VCSV saam met die R4L-Bybels uitgee.
Reach4Life is a team effort between the International Bible Society and youth organisations such as UCSA. It wants to persuade teens to:
- reduce the prevalence of HIV/Aids
- choose positive sexual values and behaviour by deciding to postpone sex until marriage
- develop a personal relationship with Jesus, changing their lives
- read the Bible and obey Jesus’ commandments
- practise fellowship with other Christians in Reach4Life groups and in their church
You can become part of the process by mobilising your group to commit to the Reach4Life process. Everyone who does that receives a free Reach4Life Bible, and are then supported to keep their commitments.
The new Reach4Life Bible is an exciting WOW! Bible that will help you to say a huge YES to life and a definite NO to everything that want to ruin you, even while you are still breathing! It contains 40 short Bible studies about the following themes:
- Finding faith
- Getting growing
- Loving life
- Choosing change
UCSA distributes the Reach4Life Bibles free of charge. Contact Charlie Holtzkamp for more information at 082 825 5025 or minus10.GodKan@gmail.com. More information about the UCSA publications that accompanies the R4L-Bibles. |
|
| |
|
|
| |
|
| |
|
|
|
|