top of page

Word 'n geaffilieerde

Of jy nou 'n skool, kerk of jeugorganisasie is, werk saam met ons om deel te word van Suid-Afrika se grootste Christelike interdenominasionele jeugorganisasie. Ons prosesse stel skool-SBL'e, leierskap, onderwysers en leerders in staat om VCSV-beleide, hulpbronne en fasiliteite te gebruik om jongmense (en onderwysers) te bemagtig om hul eie geleenthede en aktiwiteite te lei en te skep.

As lid sal jy toegang hê tot ons bedieningswerkers, gapjaarspanne, uitgebreide aanlynbronne, groot vrywilligersprogramme, 9 kampeerplekke landswyd, en meer as 200 kampe elke jaar wat fokus op bediening, leierskap en sport, alles ontwerp om jou te help om 'n betekenisvolle impak te maak.

Hoe om 'n VCSV-groep te begin (Leerder)
  • Bespreek die idee met jou onderwysers

  • Verseker toestemming van die SGB

  • Begin 'n plaaslike groep by jou skool, gemeenskap of kerk.

  • Vind 'n tydgleuf vir weeklikse of tweeweeklikse vergaderings.

  • Besluit of julle algemene vergaderings in klein groepies sal hou, of 'n kombinasie sal hê.

  • Kies groepleiers.

  • Lei die groepleiers op (UCSA kan hiermee help).

  • Kry ons materiaal en koppel dit aan ons geleenthede - geniet dit!

Hoe om 'n VCSV-groep te ondersteun (Onderwysers)
  • Verseker SBL'e-beleid - toestemming

  • Kry alle vrywilligers om die vrywilligersdokument te teken

  • Lei groepleiers op en ondersteun hulle

  • Hulp met jaarkalender

  • Verskaf die materiaal wat by vergaderings gebruik sal word (VCSV het verskeie opsies).

  • Reël 'n takkamp (VCSV kan help).

  • Ontvang uitnodigings na streekvergaderings en geleenthede.

Register as Affiliate
Geaffilieerde Skool + Onderwysers

Skole wat nog nie seker is oor hul lidmaatskapgetalle nie, maar onderwysers het wat toesig hou.

 

- R600 per skool per jaar

- R50 per onderwyser per jaar

- Kentekens slegs vir geaffilieerde onderwysers

Geaffilieerde Skool + Onderwysers + Leerders

Skole wat seker is oor hul onderwyser- en leerdergetalle.

 

- R600 per skool per jaar

- R50 per onderwyser per jaar

- R20 per leerder per jaar

- Kentekens word toegeken volgens geaffilieerde nommers

Voordele

Interdenominational Policy

VCSV bied 'n welkome omgewing waar alle kerke en organisasies kan deelnaam, eenheid bevorder en gemeenskaplike respek toon regoor denominasionele lyne. Alle vrywilligers en Christen verteenwoordigers by geaffiieerde skole teken hierdie deklarasie van intensionaliteit. Dit konnekteer hul tot 'n nasionale netwerk van VCSV koninkryksvennote.

 

Sertifikaat van Affiliasie
'n Jaarlikse Sertifikaat van Affiliasie word by betaling uitgereik. Die sertifikaat vergesel a lys van individue geaffiliteer by die skool of instansie.

 

Lapelwapens
VCSV lapelwapens kan op aanvraag aangekoop word, gebasseer op die vasgestelde kriteria (bv.: onderwysers, leerders). Leerders wat die kriteria bereik mag ook skool meriete erkenning obtvang.

 

Leierskapopleiding
Opleiding is beskikbaar vir gekose VCSV leiers, beskikbaar beide aanlyn, of waar moontlik in persoon.

 

Professionele Ontwikkeling vir Opvoeders
Opvoeders kry, teen addisionele koste, toegang tot gespesialiseerde opleiding aangebied deur senior VCSV pesoneel in areas soos Leierskap, Risiko, Vertroue, Diversiteit, Konflik, Groepsdinamika, en meer.

 

Kamp Afslag
Geaffilieerde skole geniet afslag tariewe by verskeie VCSV kampterreine, insluitend bediening, leierskap, sport, spanbou en tema-kampe.

Hulpbron Stelle
Spesiale aanbiedinge op tema aktiwiteitstelle ontwerp met die doel om te help met spesifieke leer en bedieningsoogmerke.

 

Nasionale Geleenthede
Neem deel aan VCSV gekoördineerde nasionale geleenthede soos gebedsdae, lof en aanbidding, staptogte, opleidingsgeleenthede en meer.

 

Skoolbesoeke
Waar moontlik, besoek VCSV spanlede geaffilieerde skole ter motivering en ondersteuning aan leerders te bied.

 

Aktiwiteitsdae/Weke
VCSV personeel kan, onderhewig aan beskikbaarheid, tema-weke op u terrein fasiliteer.

 

Bybelstudie-materiaal & Roadtrip 24/7 Toep
Toegang tot Bybelstudie-hulpbronne wat in lyn is met die VCSV-ontwikkelingsraamwerk. Leiers ontvang ook gidse en opleiding om die Roadtrip 24/7-toep effektief te gebruik.

 

VCSV Fokusgroepe (VCSV-Kringe)
Bemagtig leerders om Bybelstudies, kleingroepe of sorggroepe by die skool te lei. Opleiding en materiaal word voorsien.

Toegang tot Webtuiste
Kry toegang tot VCSV-beleide, opvoedkundige hulpbronne en aanlyn hulpmiddels wat vir onderwysers en leiers ontwerp is.

Nuusbriewe
Bly op hoogte met gereëlde VCSV-nuusbriewe wat nuus, insigte en komende geleenthede bevat.

Navorsing en Nuwe Inisiatiewe
Bly aan die voorpunt van bediening met toegang tot deurlopende navorsing en nuwe VCSV-inisiatiewe.

Kreatiewe Mobiliseringsondersteuning
Ontvang leiding oor innoverende benaderings om jou VCSV-tak te laat groei en opgewonde te maak.

Leierskap en Groepsdinamika
Ondersteuning om leierskapsvaardighede en groepsdinamika te ontwikkel.

Bidmamme en -pappa's

Bemoedig en rus ouers toe om vir leerders en leiers te bid en hulle te ondersteun.

Spesiale Aktiwiteitsdae
Geleenthede om deel te neem aan betekenisvolle, temagebaseerde aktiwiteite deur die jaar.

Sluit aan by 'n Gebedsnetwerk
Word deel van 'n nasionale voorbiddingsnetwerk wat jou in jou bedieningsreis ondersteun.

Diensjaar-span
Vanaf 2026 kan jou skool 'n besoek versoek van die VCSVJourney-span (ons gapjaar-bedieningspan). Leerders sal ook die geleentheid hê om ná matriek vir hierdie span aansoek te doen. Geaffilieerde skole kry voorkeur met besprekings.

Neem Kennis:
Alle besoeke en aktiwiteite hang af van spanbeskikbaarheid en hulpbronne. Alhoewel affiliasie baie voordele insluit, mag VCSV 'n reisdonasie versoek wanneer hulle jou skool of organisasie besoek.

Life Is An Adventure
00:00 / 02:58
bottom of page