top of page

VCSV Jeffreysbaai Kamp

Die VCSV Jeffreysbaai-kampterrein het 'n uitstekende ligging en is slegs 200m vanaf die dorp se blouvlagstrand. Dit bied uitstekende akkommodasie en geriewe vir groepe wat 'n plek vir outonome groepprogramme benodig, of vir individue en gesinne wat vakansieverblyf soek. Die kampterrein is ideaal vir jeug-, kerk-, skoolsport- en ander groepe en is ingerig om 'n eenstopdiens te bied.

 

Dit sluit in verblyf, konferensiefasiliteite, spyseniering, sowel as persoonlike kamppakkette soos geestelike, Bybelgebaseerde programme, leierskapsontwikkeling, spanbou- en opvoedkundige aktiwiteite, en rugbyklinieke. Groepe kan ook kies om hul eie programme te volg. Die lokaal is verder 'n goeie keuse vir konferensies, troues, verjaarsdae en ander privaat funksies.

Volledig toegeruste kombuis | Saal (200 persone) | Konferensiekamer (tot 15 persone) | Beskutte braaigeriewe | Spysenieringsdiens op die perseel | Selfsorg | Elektrisiteit | Selfoonopvangs | Wi-Fi | Kampprogramme aangebied | Dagbesoeke vir groepe | Grasperk vir speletjies | Sandvlugbalbaan | Strandaktiwiteite

 

Verblyf:

Eenhede: Jan - Nov: 12. Des: 14 | Beddens: Jan - Nov: 155. Des: 76

Kontak ons

066 360 0984 | jbay@vcsv.co.za

EL Programme logo met link_edited.png
Tariewe

Kontak ons vir opgedateerde fooie.

Life Is An Adventure
00:00 / 02:58
bottom of page