top of page

Winklespruit (KZN - Suidkus)

Die atmosfeer van die UCSA Winklespruit-kampeersentrum se ligging langs die strand skep reeds die toon vir 'n uitstekende kampervaring. Voeg hierby 'n wye verskeidenheid goed onderhoude akkommodasie-opsies en doelgerigte kampverwante infrastruktuur en dienste, dan kan daar geen twyfel wees dat dit die plek is vir kampherinneringe wat nie vergeet sal word nie.

 

Die veilige strand leen hom tot die buitelugaktiwiteite wat met kampprogramme geassosieer word. En, hoewel afgesonder, vorm die kampsentrum 'n integrale deel van die gewilde kusdorp Winklespruit met winkels en dienste, insluitend mediese sorg, geredelik beskikbaar.

 

Die sentrum is ideaal vir jeug-, kerk-, skoolsport- en ander groepe en bied die buigsaamheid om kleiner sowel as groter groepe te akkommodeer. Dit bied ook vakansieverblyf vir paartjies en gesinne.

Die lokaal is verder 'n goeie keuse vir konferensies, troues, verjaarsdae en ander privaat funksies.

Tariewe

Volledig toegeruste kombuis | Saal (400 mense) | Konferensiekamer (40-50 mense) | Onderdak, oop eetarea | Selfsorg (spysenieringsdiens op die perseel beskikbaar op aanvraag) | Elektrisiteit | Warm en koue water | Selfoonopvangs | Braaigeriewe | Volledig toegemaak, met gekodeerde hek | Strandaktiwiteite (eie program) | Swem (oseaan) | Kusstap | Grasperk vir speletjies speel

 

Verblyf

Eenhede: 37 | Beddens: 314

Seekamp-landskap (3).png

Basiese minimum aantal vir groepbesprekings: 35 persone BTW ingesluit in alle fooie Terugbetaalbare Breekskadedeposito om bespreking te verseker: R3 000 Verblyf: R190 pppn (afslag beskikbaar vir kwalifiserende groepe) Groepverblyfkoste sluit die gebruik van die sale in Dagbesoekers: R95 pppd Selfsorg: R1 220 pnd (allesinsluitende kombuishuur) Maaltye: R120 pppd/maaltyd (Spyskaart A) R105 pppd/maaltyd (Spyskaart B) Programme: R120 pppd (Maandag tot Donderdag) R130 pppd (Vrydag tot Sondag) Pakkette beskikbaar op aanvraag Kontak asseblief die kantoor vir meer inligting en vir 'n volledige lys van kostes.

EL Programme logo met link_edited.png
Kontak ons
bottom of page