Karmel (Franschhoek)
“Ongelooflik mooi!” Hierdie beskrywing van iemand wat 'n kamp by VCSV se Karmel-kampsentrum bygewoon het, sê dit alles.
Die kampterrein met sy afgesonderde ligging in die imposante Franschhoekberge, 'n rivier met natuurlike swempoele naby, 'n oorvloed welige fynbos-plantegroei en eindelose uitsigte oor majestueuse berge teen 'n agtergrond van indrukwekkende wolkformasies, straal 'n atmosfeer van vryheid en avontuur uit. Voeg hierby die sentrum se eie, goed toegeruste geriewe, en jy is gereed vir 'n kamp- en avontuurervaring om te onthou.
Die sentrum is ideaal vir avontuurkampe vir jeug-, kerk- en ander groepe, veral vir programme wat rustigheid in 'n afgesonderde omgewing vereis. Die lokaal is verder 'n goeie keuse vir konferensies, troues, verjaarsdae en ander privaat funksies.
Volledig toegeruste kombuis | Saal (tafels en stoele vir 104 persone) | Beskutte braaigeriewe | 'n Groot lapa met 10 kaggels waar kampeerders hul eie kos kan voorberei, indien nodig | Spysenieringsdiens op die perseel | Selfsorg | Kampprogramme aangebied deur Big Oak Adventures | Elektrisiteit (beperk – 230V-kragopwekker vir ligte in die aand) | Beperkte selfoonopvangs | Grasperke vir speletjies | Swem | Stap | Avontuuropleiding
Verblyf
Eenhede: 4 | Slaapkamers: 104
Tariewe
Somer: • Oornag (min van 50 persone): • R140,00 pppn (min 2 nagte) • Oornag VCSV-groepe en midweek (min 45 persone) • R100,00 pppn (min 2 nagte) Winter: • Oornag (min van 50 persone) • R120,00 pppn (min 2 nagte) • Oornag VCSV-groepe en midweek (min van 30 persone) • R75,00 pppn (min 2 nagte)
Kontak ons
083 992 5799 | info@bigoak.co.za