Retiefkamp (Bloemfontein)
Die VCSV Retiefkamp is geleë aan die oewer van die Modderrivier, 20 km buite Bloemfontein en langs die gewilde Maselspoort-oord. Dit bied 'n verskeidenheid verblyfopsies en het toegang tot die ontspannings- en ander geriewe van die Maselspoort-oord. Die kamp se eie Buitelugsentrum-span, met opgeleide fasiliteerders en instrukteurs, bied avontuuraktiwiteite aan skool- en ander groepe. Deur middel van ervaringsleeraktiwiteite leer dit basiese lewensvaardighede en Christelike waardes en stel dit die groepe in die proses aan Christus bekend.
Een van die belangrikste kenmerke van die kamp is die kapasiteit om buitengewoon groot groepe van meer as 500 persone te akkommodeer.
Die sentrum is ideaal vir jeug-, kerk-, skoolsport- en ander groepverblyf. Die lokaal is verder 'n goeie keuse vir konferensies, troues, verjaarsdae en ander privaat funksies.
Volledig toegeruste kombuis | Saal (600 persone) | Saal (200 persone) | Braaigeriewe | Selfsorg (spysenieringsdiens op die perseel beskikbaar op aanvraag) | Kampprogramme aangebied | Maselspoort Oord swembad en geriewe (beskikbaar vir groepe teen 'n ekstra koste) | Elektrisiteit | Selfoonopvangs | Dagbesoeke vir groepe | Uitgebreide grasperke vir speletjies | Avontuuropleiding en aktiwiteite
Verblyf
Eenhede: 31 | Beddens: 512
Tariewe
Tariewe vir 2025 (BTW uitgesluit) Skoolhouers - R140.00 pp/pn Spyseniering/Hekbeamptes - R120.00 pp/pn Kleuters (tot 5 jaar oud) - geen koste nie Dagbesoekers (per dag) - R85.00 pp/pn Kombuishuur (per dag) - R1100.00 Spyseniering (5 maaltye @R100 per maaltyd) - R500.00 pp Snoepiehuur (per dag) - R285.00 Glybaan (3 uur) - R500.00 Ekstreme Lewensprogram (weekdae) - R100.00 pp/pn Ekstreme Lewensprogram (naweke) - R120.00 pp/pn Terugbetaalbare Deposito R3000 (slegs terugbetaal nadat die groep vertrek het indien geen skade aan die kamp aangerig is nie) Maselspoort-fasiliteite is beskikbaar vir groepe, maar moet addisioneel direk by hulle bespreek word.
Kontak ons
078 019 5358 | retiefkamp@vcsv.co.za