Winklespruit (KZN - Suidkus)
Die atmosfeer van die VCSV Winklespruit-kampterrein se ligging langs die strand skep reeds die toon vir 'n uitstekende kampervaring. Voeg hierby 'n wye verskeidenheid goed onderhoude akkommodasie-opsies en doelgerigte kampverwante infrastruktuur en dienste, dan kan daar geen twyfel wees dat dit die plek is vir kampherinneringe wat nie vergeet sal word nie.
Die veilige strand leen hom tot die buitelugaktiwiteite wat met kampprogramme geassosieer word. En, hoewel afgesonder, vorm die kampterrein 'n integrale deel van die gewilde kusdorp Winklespruit met winkels en dienste, insluitend mediese sorg, geredelik beskikbaar.
Die sentrum is ideaal vir jeug-, kerk-, skoolsport- en ander groepe en bied die buigsaamheid om kleiner sowel as groter groepe te akkommodeer. Dit bied ook vakansieverblyf vir paartjies en gesinne.
Die lokaal is verder 'n goeie keuse vir konferensies, troues, verjaarsdae en ander privaat funksies.
Tariewe
Volledig toegeruste kombuis | Saal (400 mense) | Konferensiekamer (40-50 mense) | Onderdak, oop eetarea | Selfsorg (spysenieringsdiens op die perseel beskikbaar op aanvraag) | Elektrisiteit | Warm en koue water | Selfoonopvangs | Braaigeriewe | Volledig toegemaak, met gekodeerde hek | Strandaktiwiteite (eie program) | Swem (oseaan) | Kusstap | Grasperk vir speletjies speel
Verblyf
Eenhede: 37 | Beddens: 314
• VCSV-lede en groepe kwalifiseer vir spesiale tariewe. • Spesiale afslag kan oorweeg word vir baie groot nie-VCSV-groepe. • Terugbetaalbare deposito om bespreking te verseker: R3 000. • BTW ingesluit in alle tariewe. • Alle groepverblyfkoste sluit die gebruik van die sale in. • Tariewe vir die huur van sale en kombuis is per dag (selfs al word dit slegs vir 'n gedeelte van die dag gebruik). • Kombuisfooi sluit water, elektrisiteit en gas in. • Kontak ons asseblief vir meer inligting oor pryse.
Kontak ons
081 811 2951 | winklespruit@vcsv.co.za